Table of Contents

Do not index
11 wekies! 🌿
Hierdie week is baba-lyfie so groot soos ’n vy! En ek het presies geweet wat ek vir die week se baba-blog wou eet, want ek is smoorverlief op die Nature’s Bakery Fig Bars wat ek in die VSA ontdek het 😍
My twee klein boeties (wat glad nie meer so “klein” is nie, so ek moet seker ophou om hulle só te noem 🙈). Goed, my twee “jongste” boeties het so paar dae vroeër as die res SA toe gekom, en ek het lankal besluit ek gaan vir hulle vra om ’n paar pakkies saam te bring vir week 11 se baba-blog. Needless to say… tussen al die opgewondenheid van swanger-wees en die groot trip wat ons saam met die Hayes-gesin en my familie al só lank beplan, het ek heeltemal vergeet om vir hulle te vra 🥲
Maar fig bar of nie, die opgewondenheid vir die groot kuier/reis is besig om behoorlik te bou. Ek kan nie wag om almal hier te hê nie 💛
En die beste deel? “Hulle” was reg… hier vanaf week 11 begin ’n mens heelwat beter voel. Die naarheid (morning sickness) het so mooi begin bedaar, en ek voel nou sommer ligter, vroliker en volgens my man is ek “weer ’n mens” 😄. Dit maak die vooruitsig van die komende weke net nóg groter. Ek was behoorlik bekommerd dat kiepie in die hoekie gaan sit en goor voel terwyl die ander maatjies lekker kuier en eet 😜
Miskien dateer ek eendag hierdie blog op met ’n tuisgemaakte fig bar-resep… never say never. Dit, óf Nature’s Bakery sal maar ’n SA-tak vir my moet begin! 😉
Written by