Table of Contents

Do not index
12 wekies! 🍋🟩
Hierdie week is baba-lyfie so groot soos ’n lemmetjie ☺️
Die groot trip saam met die Hayes-gesin, my ouers en boeties is nou behoorlik aan die gang: ons het begin in Jacobsbaai, toe Stellenbosch, daarna Onrus/Hermanus, en laastens Camp’s Bay. Jy kan baie in ’n week inpas… veral as my ma se groen boekie van planne in die prentjie is 😅. (Baba-lyfie, jy is gewaarsku, jou ouma gaan jou nog baie besig hou… and you’re gonna love it!)


Dis eintlik ongelooflik hoe kos en plekke so mooi saam herinneringe kan vorm. Of is dit nou die Suid-Afrikaner of foodie in my wat praat? Alles in my lewe word rondom kos beplan 🥰. Ek het gedink ek sal êrens op die trip ’n lemmetjie inkry, of dit nou in ’n mocktail of deel van ’n lekker dis sou wees, sou ek nog sien. Op die ou end het ek dit twee keer “gevind”: die Stellenbosch AirBnB het lemmetjies in ’n vrugtebak gehad, so ek het vroeg op die trip al ’n lemmetjie gevat en hy het sommer die hele tyd in die huurkar saam met ons gegaan, haha.
Die enigste keer wat ek weet ek lemmetjies “ingeneem” het, was by die heel laaste stop in die Kaap op die middag voor ons teruggevlieg het. Ons het gestop vir middagete by die Time Out Market in die V&A Waterfront, ná ’n uitstappie by die Two Oceans Aquarium. Ek was self nie baie honger nie, maar het lekker geknibbel aan my ma se chicken wings en my man se AMAZING taco wat bedien is met ’n skyfie lemmetjie.

O, en dan was daar natuurlik die heeeeerlike Citrus cordial 🥂 Die foodie in my moet wel in detail hierdie ongelooflike ervaring deel: die Creations Wynplaas se Art of Creations Wine & Food Pairing. Ek en my man het al ’n paar keer gedink ons wil onsself spoil met ’n Creations-ervaring. My ouers het so van hul keer daar vertel, en dis net buite Onrus waar ons familie-vakansiehuis is. Ons was al 2 keer net vir ‘n wynproe na Creations toe, maar hierdie keer kon ons uiteindelik die volle pairing doen, en dit was ongelooflik, selfs vir ‘n swanger vrou!
Vir nie-drinkers doen hulle ’n Cordial & Tee-pairing saam met die etes. WOW. Ek is omtrent op die hande gedra: ons het skaars gaan sit, toe kom die kelner om te vra wie die swanger vrou is (want baba wys nog nie regtig nie) en wie die persoon met ’n neut-allergie is…dit is albei ek 👀 Hulle het vooraf bevestig dat my trout en springbok disse behoorlik gaar sou wees, my neut-vrye poeding keuses was bespreek en natuurlik dat ek Cordial & Tee in plaas van wyn gaan geniet. Julle, ek sou nie gedink het tee uit ’n wynglas sal werk nie, maar dit moet nou definitief ’n ding word. Elke tee was uniek en perfek gepaard met die dis, en dit het vir my gelyk of selfs die kleure van die tees met die wyne gematch het. Die cordial syrups was iets besonders. Ek sal enigiemand aanbeveel om hierdie ervaring te probeer, alkoholies of nie. Creation, julle is top klas!



Op 12 weke voel ek amazing (dankie tog 😅), en ek het die uitstappies en saamkuier sóveel geniet. Ek dink baba-lyfie voel dit ook…al die lag, liefde en geselsies wat ons van alle kante omring, en al die geskenkies wat jy alreeds van soveel mense ontvang het wat jou eers volgende jaar gaan ontmoet 💛
Written by