Week 13: Lemon Meringue

Week 13: Lemon Meringue
Do not index

13 wekies! 🍋

Baba-lyfie, is hierdie week so groot soos ’n suurlemoen!
 
Dit was tyd vir die groot 13-week anatomie scan. Baba lyk gelukkig, gesond en beweeg só baie. Ek het nie besef hoe aktief hulle al teen hierdie tyd is nie, want jy voel dit nog nie self nie. Dit was besonders spesiaal dat dit alles op my ma se verjaarsdag gebeur het, en dat sy saam met ons in hierdie detailed kykie kon deel 💛 
notion image
Boonop die goeie nuus dat baba-lyfie mooi gesond groei, was die ultrasound-tannie baie baie baie seker dat sy die geslag kon bevestig. Ek was heel verbaas, want ek het verwag ons gaan dit eers teen week 16 of daarna uitvind…maar hier sit ons nou met ’n koevertjie waarin sy die geslag geskryf het.
 
Ons het lekker bespiegel en gewonder of sal ons nou die koevertjie oopmaak of nie, maar ek is hopeloos te nuuskierig vir sulke dinge… Ons besluit toe Giovanni sal oopmaak en dan sal hy ons almal kom vertel vanaand. Hy het toe die mooiste klein reveal voorberei: die kaartjie en ‘n stel baba-klere was in ’n klein boksie, wat in nog ’n boksie, en nog een, en nog een, en nog een gesit was. Die aand was ek toe die een wat ‘n geskenkie oopmaak op my ma se verjaarsdag. Dit was so ’n spesiale oomblik, saam met al die to-be’s… twee pare amper oumas-en-oupas en 5 amper ooms.
notion image
 
Vir die baba-kos-blog was die plan vir hierdie week oorspronklik ’n Lemon Meringue, maar met die trip was ek nie tuis om een te bak nie. Gelukkig is my ma se 50ste party die dag na ons terugkom van die wildtuin af, en ek was aangesit om ’n Lemon Meringue van Mugg & Bean te bestel vir die partytjie, so ons sal dan volgende week ons Lemon Meringue in kry 🍰
 
Maar, ons het tog ons suurlemoen-fix in die Kruger Wildtuin ook gekry 🐘 Die dag ná die scan is ons deur Wildtuin toe. Daar het Heather elke dag ’n lekker jug met vars suurlemoenwater gemaak waarvan ek seker elke keer die helfte opgedrink het. Ek is tog so lief ‘n suurlemoentjie…vra gerus vir Giovanni hoe gereeld my hand “gly” wanneer ek suurlemoen in kos gebruik 😅
notion image
notion image
notion image
 
Ek sluit dan die week se blog af met my Lemon Meringue resep (al het ek hom nou nie self gemaak hierdie week nie… 🙂)
 

Lemon Meringue 🍋

 

Bestanddele

Kors

  • 2 pakkies (2 x 200 g) Tennis Beskuitjies
  • ¾ K Botter, gesmelt

Vulsel

  • 2 blikkies (2 x 385 g) Kondensmelk
  • ¾ K Suurlemoensap
  • 2 E Suurlemoenskil
  • 6 Eiergele

Meringue

  • 1⅓ K Witsuiker
  • ⅓ K Water
  • 6 Eierwitte
  • ¼ tl Sout
  • ¼ tl Kremetart
  • 1 tl Vanieljegeursel

Metode

Kors

1️⃣ Voorverhit die oond tot 180°C 🔥
2️⃣ Druk die beskuitjies fyn, meng met gesmelte botter, en druk vas in ’n gesmeerde tertpan
3️⃣ Bak vir 10 minute en laat afkoel

Vulsel

1️⃣ Verlaag die oondtemperatuur na 160°C
2️⃣ Meng kondensmelk, 🍋 suurlemoensap, 🍋 suurlemoenskil en eiergeel saam
3️⃣ Giet die mengsel in die afgekoelde kors en bak vir ⏲️ 20–25 minute tot net gestol
4️⃣ Laat afkoel en verkoel minstens 3 uur of oornag in die yskas ❄️

Meringue

1️⃣ Klits eierwitte, sout en kremetart tot sagte punte begin vorm
2️⃣ Voeg stadig ⅓ koppie suiker by terwyl jy aanhou klits
3️⃣ Plaas 1 koppie suiker en water in ’n pot en verhit oor medium hitte tot die suiker oplos en die stroop 110–115°C bereik (☝️ gebruik ’n suikertermometer indien moontlik)
4️⃣ Giet die warm suikerstroop stadig by die eierwitte terwyl jy aanhou klits tot die meringue lou is
5️⃣ Klits laastens die vanielje by en gebruik dadelik

Om klaar te maak

1️⃣ Skep of spuit die meringue bo-oor die tert
2️⃣ Grill in die oond tot goudbruin of gebruik ’n blowtorch om ‘n geroosterde voorkoms te kry 🔥
 

notion image
 

Ek skryf oor kos maak en die mense vir wie ek dit maak

Volg ons kos/baba/lewens-stories

Teken in

Written by