Week 14: Perske Ystee

Week 14: Perske Ystee
Do not index

14 wekies! 🍑

Baba-lyfie is hierdie week so groot soos ’n perske.
 
Nou, ek moet julle net die snaakste ding vertel… Ek is nie eintlik ’n groot vrugte-eter nie, meestal net sitrus, bessies en appels. Maar ek spot dat baba-lyfie beslis van my man se DNA moet hê, of miskien is dit net swangerskaphormone of iets, maar ek is tans obsessed met vrugte 😅
Terwyl ons in die Wildtuin was, was daar ’n vrugtebak vol piesangs en perskes en so aan, en ek is nie sommer een om ‘n vrug so uit ‘n vrugtebak te vat en te eet nie…maar julle, daar vind ek myself skielik ’n perske gryp en dit heeltemal VERORBER (en as ek sê verorber dan bedoel ek die juices het gespat en my hemp was vuil…😂). Dis so weird. Die snaakste deel? My man het my gesien en het amper op die grond gelê van die lag soos wat hy kyk na sy vroutjie wat so gretig smul aan ’n ou kaalgat perskekie.
 
Ek het toe maar nog ene gaan haal om af te neem vir my baba-blog (en hom toe ook verorber 🤭)
notion image
 
Teen die middel van Week 14 is ons terug van die Wildtuin en dit is tyd vir my ma se 50ste verjaarsdagpartytjie. Die Amerikaanse kiddies het ons BOS-ystee behoorlik geniet tot dusver, so ek het seker gemaak daar is genoeg bokse daarvan gekoop vir by die partytjie. Miskien dalk té veel…ek dink ek en Giovanni gaan vir die res van die jaar nog BOS Peach Ice Tea kan drink as ek kyk na die 5-liter bokse wat oorgebly het 😜
 

Ek skryf oor kos maak en die mense vir wie ek dit maak

Volg ons kos/baba/lewens-stories

Teken in

Written by