Week 15: Appel Crumble Muesli

Week 15: Appel Crumble Muesli
Do not index
Do not index

15 wekies! 🍎

Sjoe, ons baba-lyfie is nou al so groot soos appel 🍏
notion image
Ons is terug by die huis na ‘n ongelooflike lekker vakansie saam met ouma-en-oupa-to-be, oulike amper oompies en die Hayes-gesin.
 
Ek het ‘n nare verkoue opgedoen êrens oor die naweek, so ‘n appel vir hierdie week is heel gepas 😉
 
Die ou gesegde lui mos: An apple a day keeps the doctor away...
Hierdie appel en oats brekkie is geïnspireer deur my tannie Bella. Ons het verlede Desember in Onrus een oggend by hulle kampplek omgegaan en daar sit sy op haar kampstoel, lepel in die hand en roer aan die appel-en-oats konkoksie op die skottelbraai. Haar weergawe was bedien met jogurt en grondboontjiebotter. My nut-free twist kry ‘n skootjie kaneel in en word bedien met ‘n groot lepel Biscoff-smeer 😍🍪
 
notion image
Dit het een van my en manlief se stapelvoedsel-brekkies geword hierdie jaar, want dis vinnig, maklik en heeeeerlik. Hy word sommer opgewonde as hy bo in die bed lê en ruik dat ek onder in kombuis besig is met kaneel vir ontbyt.
 

Appel Crumble Muesli (Vir 2 🥣)

Bestanddele

  • 2 Appels, in klein blokkies gesny (ek hou die skil aan)
  • 1 K Hawermout (rolled oats)
  • 1 E Heuning
  • 2 tl Kaneel
  • Knippie Sout
Om te bedien:
  • Griekse jogurt
  • Biscoff-smeer of jou gunsteling neutbotter
 
notion image

Metode

1️⃣ Braai die appelblokkies in ‘n pan (of skottel 😉) tot hulle sag begin word en effens gekaramelliseer het 2️⃣ Voeg die oats en heuning by die appels en laat dit effens rooster, roer so af en toe 3️⃣ Roer die kaneel en ’n knippie sout by 4️⃣ Skep ’n lepelsvol jogurt in bakkies, en skep die warm appel-en-oats-mengsel bo-op 5️⃣ Eindig af met ’n skeppie Biscoff-smeer bo-op en geniet!
notion image
notion image
 

Ek skryf oor kos maak en die mense vir wie ek dit maak

Volg ons kos/baba/lewens-stories

Teken in

Written by