
Do not index
Do not index
16 wekies! 🥑
Baba-lyfie is hierdie week so groot soos ’n avokadopeer.
En hoe gepas, want hierdie week het ek letterlik gevoel soos ’n oorryp avo… pap, bleek en sonder pit 🤒 Ek was behoorlik man down met verkoue. Die een dag in die bed, die volgende dag op die bank, en toe maar weer terug bed toe.
Ek het beplan om vir die week se baba-foodie-blog lekker pulled pork nachos met guac 🥑 te maak. Die vleis was vooruit al voorberei. Ek is MAL oor pulled pork en maak graag sommer ’n groot pot wanneer ek dit maak, dit vries goed en is ongelooflik veelsydig. Ek gebruik dit saam met rys en groente, in wraps, op pitas of broodjies, en natuurlik…vir nachos 😋
O, en ek moet altyd ’n bietjie “un-pulled” hou vir Giovanni, want volgens hom is my pulled pork heerlik, maar nog beter as dit nie gerafel is nie 🤭
Nou ja, selfs met die reeds voorbereide vleis was ek egter te pap om my voete in die kombuis te sit. Maar toe kom my held van ’n man tot die redding. Hy het besluit, as ek nie hierdie week se blog-kos kan maak nie, dan maak hy dit vir my ☺️
En asof dit nie oulik genoeg is nie, het hy sommer ook foto’s geneem nes ek dit sou doen vir my blog 📸🤍



My man, you are simply the best 🥰
Giovanni se Nachos met Guac 🥑
Bestanddele
Guacamole:
- 2 ryp Avos 🥑
- Lekker baie Ina Paarman Lemon Black Pepper Spice
Nachos:
- ’n Pak Nacho Chips
- Christi se Pulled Pork (resep volg 😉⬇️)
- Gerasperde Kaas
- Jalapeños
- Suurroom
Metode
1️⃣ Rangskik die chips in ’n bakkie
2️⃣ Skep dan van die pulled pork en gekapte jalapeños oor
3️⃣ Strooi die kaas bo-oor en bak tot die kaas heerlik gesmelt is
4️⃣ Sit voor met suurroom en guac
.png?table=block&id=28fa0f1e-cdf7-8020-968a-c8ee2853602f&cache=v2)
Christi se Pulled Pork 🍖
Bestanddele
- 2½ kg Vark Filet/Skouer/Nek
- 4 E Bruin Suiker
- 2 E Knoffel Poeier
- 2 E Gerookte Paprika
- 2 E Six Gun Grill
- 1 E Origanum
- 1 E Fyn Komyn
- 1 E Chilli Flakes
- 2 tl Uie Poeier
- 2 tl Sout
- 2 tl Varsgemaalde Swartpeper
- ½ tl Cayenne Pepper
- 350 ml Coke
- 2 E Worcestershire Sauce
- 1-2 K Aftreksel (Hoender of Bees)
- ½ - 1 K BBQ Sous
Metode
1️⃣ Sny die vleis in 2–3 groot stukke
2️⃣ Meng die droë bestanddele saam en vryf dit oor die vleis
3️⃣ Seël die vleis in ’n pan tot dit aan alle kante bruin is
4️⃣ Verwyder en plaas in ’n prutpot (slowcooker)
5️⃣ Gooi die Coke, Worcestershire-sous en aftreksel rondom die vleis
6️⃣ Kook op laag vir 6–9 ure tot die vleis sag is
7️⃣ Skep die vleis uit en hou eenkant
8️⃣ Gooi die BBQ-sous saam met die oorblywende sous uit die prutpot (plus ekstra suiker na smaak) in ’n kastrol en kook tot die sous effens verdik
9️⃣ Trek die vleis met twee vurke uitmekaar, gooi die sous oor en meng deur
.png?table=block&id=29ea0f1e-cdf7-807e-bc81-eb1d78ecef87&cache=v2)
Written by