Table of Contents

Do not index
17 wekies! π§
Volgens die apps is babalyfie nou so groot soos βn ui. Nou die ding isβ¦ my man hou nie eintlik van uie nie π.
Ek het dus begin google vir ander vrugte of groente groottes vir 17 weke en toe kom ek af op βn granaat. Maar toe hy sien ek is besig om te soek, gryp hy sommer self in en sΓͺ: βMaar wat van Kibbeh?β π

Kibbeh was een van sy oupa George (βn half Libanese) se signature dishes en βn groot treffer onder die Jouberts.
Kibbeh (of kubbeh) is basies βn tradisionele Libanese gereg wat bestaan uit βn mengsel van bulgur koring, maalvleis (gewoonlik lam of bees) en natuurlik baie, baie uie (veral as jy die in die tamatie-slaai bygereg ook in tel). Dit kan op verskillende maniere gemaak word:
- Gebak in βn groot oondskottel soos βn vleis-lasagne.
- Gevul en in balletjies of patties gevorm, wat jy kan braai of bak.
- Rou (ja, soos steak tartare!) wat met vars kruie en olyfolie bedien wordβ¦ons los dit egter vir my brawe 1/4 Libanese skoonpa, ek weet nie so lekker van die rou vleis nie π³
Elke Libanese familie het hulle eie twist - ander speserye, verskillende hoeveelhede koring, fyner of growwer vleis, of βn spesiale manier van vou en vul. Vir oupa George was dit die gebakte weergawe, en in 2020 het ons spesiaal vir βn naweek by hulle gaan kuier sodat hy my die regte Joubert manier kan leer. Ek sal nooit vergeet nie: stap 1 van die resep was βsny die uieβ En ek sit daar en dink: βUhmβ¦ my verloofde eet dit?!β π Maar ja, blykbaar maak Kibbeh uie heeltemal aanvaarbaar.



Ek is so dankbaar ek kon saam leer en deel raak van daardie kombuis-erfenis. Dis iets besonders om geregte te hΓͺ wat deur geslagte oorgedra word β dis eetbare familie-stories. En ek het lekker baie sulke stories π
Β
En nou, op week 17, is dit sommer ons baba se size milestone dish ππ½οΈ
Β




Written by