
Do not index
18 wekies! 🫑
Baba-lyfie is hierdie week so groot soos ’n bell pepper.


Ons het weer by die gynae gaan kuier en dit is nou bevestig, die ultrasound-dame was op week 13 al presies reg: ons kry ’n DOGTERTJIE 💖
Maar julle, was sy nou vir jou kamera-sku met hierdie besoek… Arme dokter moes omtrent geduldig wees dat sy reg lê en beentjies oop maak om te kan sien 😄
Ons is nie eintlik die soort mense wat dinge lank geheim hou nie. Ons raak te opgewonde en wil alles deel, so saam met die groot aankondiging van die geslag (vir die vir wie ons dit nou nog nie verklap het nie 🤫) het ons ook die naam bekend gemaak wat ons al van die begin af geweet het ons sou kies: Gabriella 🌸
Die betekenis is so mooi en baie significant vir ons: “devoted to God” of “God is my strength,” en dit moes spesifiek die dubbele “l” hê om die Italiaanse weergawe te wees, want haar pa het ’n Italiaanse naam 💛
Nou ja, bell pepper… Nog voor ons getroud was, het ek een keer gevulde peppers gemaak, en manlief het al soveel keer gevra dat ek dit weer moet maak. Probleem is, dit was een van daai improv-geregte, so ek weet glad nie presies wat ek die eerste keer gedoen het nie…en selfs al was daar een is dit nou nie juis asof ek resepte to-the-tee volg nie. Ek kon darem op ou foto’s van 2021 sien hoe dit gelyk het, en hy het spesifiek gesê hy het gehou van die “tomato-y-ness” van die peppers wat ek gemaak het. So met al die ingedagte het ek so bietjie geGoogles en probeer om dit so goed moontlik te herlei die rondte.

Hier is dan wat ek gedoen het, vasgevang in ‘n resep vir ‘n volgende keer, en dis hubby-approved 😉
Stuffed Peppers & Tamaties 🫑
Bestanddele
Vir die rissies en tamaties
- 4 Tamaties
- 4 Bell Peppers
Vir die tamatiesous
- 90 ml Olyfolie
- 60 ml Tamatiepuree
- 3 Knoffelhuisies
- 1 tl Suiker
- Sout & Peper na smaak
Vir die vulsel
- 1 Ui, gerasper
- 1 Zucchini, gerasper
- 1 Wortel, gerasper
- 3 Knoffelhuisies
- 500g Maalvleis
- 1½ tl Origanum
- ½ tl All-spice
- 1 tl Kaneel
- 1 K Risotto-rys (Arborio)
- 1 blik (400 g) Crushed Tamaties
- 1 eetlepel Tamatiepuree
- 1 K Water
- 1 bossie Pietersielie, gekap
- 1 tl Gedroogde Mint
- Sout & Peper na smaak
Metode
1️⃣ Voorverhit oond tot 200°C
2️⃣ Sny die bokant van die rissies af (hou die bokante eenkant) en verwyder die sade
3️⃣ Sny die bokant van die tamaties af (hou die bokante eenkant) en hol dan die tamaties uit (hou dit wat jy uithol eenkant)
4️⃣ Rangskik die hol groente in ’n groot oondbak
5️⃣ Maak die tamatiesous: Sit tamatie binnekante saam met die olyfolie, tamatiepuree, knoffel, suiker, sout en peper in ‘n houer en maak dit fyn met ‘n zirster (of watookal die regte Afrikaanse woord vir ‘n blending stick is)
6️⃣ Maak die vulsel: Verhit olyfolie in ’n pan en braai dan die ui, zucchini, wortel en knoffel tot sag. Voeg die maalvleis by en braai tot bruin. Voeg dan die oregano, allspice, kaneel, rys, blik tamaties, tamatiepuree en water en laat vir 10 min prut. Roer dan die pietersielie, mint, sout en peper in.
7️⃣ Vul die tamaties en rissies met die mengsel. Giet die tamatiesous oor alles. Sit dan die pepepers en tamaties se bokante terug op hulle.
8️⃣ Bedek met foelie en bak vir so 1½ uur. Verwyder die foelie halfpad deur die bak tyd.
9️⃣ Bedien met feta en/of ‘n yoghurt-sousie.



Written by