Week 19: Mango Smoothies

Week 19: Mango Smoothies
Do not index

19 wekies! 🥭

 
Baba-lyfie is hierdie week so groot soos ’n mango!
 
Ek kan dit nie glo nie… Ek het gou na ons oggend-stappie gaan mangoes koop en die goed so staan en kyk want sjoe dit lyk dan groot. Na ek by die huis kom het ek een sommer teen my maag gehou, en ja, jy kan dit rêrig sien. Dis ongelooflik hoe vinnig tyd vlieg. Ek dink wel teen week 30 gaan ek seker lag oor hoe “groot” ek nou dink die mango (en my maag al) is 😅
 
Maar ek moet dan maar lag, op die stadium voel dit groot, ek moes hoeka hierdie week meeste van my toppies en rokkies wegpak, want die gaan nie verder gedra kan word hierdie jaar nie. Voorheen baggy band t-shirts is nou my oefenklere, want my mooi toppies laat my pens uitsteek 😄
 
En julle, kan ons net praat oor die weer?! Dit voel of ons heeltemal lente oorgeslaan het en sommer reguit in die somer ingeduik het. Gauteng is vuurwarm – so mango smoothies vir ontbyt was ’n móét. Vars en verfrissend. Perfek vir die warm somersoggend.
 
notion image
notion image
notion image
 
Nog ’n lekker mylpaal hierdie week: ons het die laaste kantoor-goedjies uit die “home-office” geskuif (en by ons kantoor ingetrek), en dit beteken daai vertrek gaan die babakamer word! Ek dink ons sal dalk teen volgende naweek al beginne verf, en dan begin die nesskrop eers 🤩
 

Mango Smoothie ☀️🥭

Bestanddele

  • 1 ryp Mango, geskil en in blokkies gesny
  • 1 koppie Jogurt
  • ½ koppie Koue Melk
  • 2 scoops Whey Protein (opsioneel)
  • Heuning na smaak
  • ’n Handvol ysblokkies

Metode

  1. Gooi al die bestanddele in ’n blender
  1. Meng tot glad en romerig
Dis so vinnig, so maklik, en definitief ideaal vir hierdie warm weer.

Ek skryf oor kos maak en die mense vir wie ek dit maak

Volg ons kos/baba/lewens-stories

Teken in

Written by