
Do not index
20 wekies! 🍌
HALFPAD! Whateven?! Ek kan nie glo ons is al hier nie.
Baba-lyfie is hierdie week so groot soos ’n piesang, en ek dink dis net té gepas dat die tema van die hele week geel is 💛💛💛
Ons het begin verf aan die babakamer, en een van die mure kry ’n mooi sagte geel kleur. Tipies dink mens eerste aan pienk vir ’n dogtertjie, maar ek en my man is beide só mal oor geel…ons het selfs geel elemente by ons troue gehad.
Geel is vrolik en warm.
Dis sonskyn en suurlemoen.
Dis sommer net happy.

En dis ook die kleur van die week se piesang 🍌
Ek het besluit wafels met roomys en gekarameliseerde piesangs klink na die perfekte halfpad-celebration food. Natuurlik saam met lekker baie sjokoladesous en sprinkles. Dit was die perfekte Maandagaand-bederf wat ek beslis gaan onthou as ons stoute “halfway there”-aandete 🎶



Dis ongelooflik om te dink hoe vinnig dinge gebeur, van die klein kolletjie op ’n skerm, tot nou ’n piesang-grootte baba en ’n kamer wat stadig maar seker in ’n babakamer verander 💛
Wafels met Gekarameliseerde Piesangs 🧇🍌🍦
Bestanddele
- Tuisgemaakte Wafels (resep volg 😉⬇️)
- 2 ryp Piesangs, in lengte gesny
- 2 E Botter
- 2 E Bruinsuiker
- Roomys
- Sjokoladesous
- Sprinkles / Sweeties
Metode
1️⃣ Verhit die botter in ’n pan
2️⃣ Voeg die piesangrepies by en laat dit ’n minuut of twee braai in die pan
3️⃣ Strooi bruinsuiker oor die een kant, draai om en laat karameliseer, herhaal dan aan ander kant tot albei kante goudbruin is
4️⃣ Bedien warm oor wafels met ’n bol (of 3…) roomys, sjokoladesous en sprinkles bo-oor
Wafels 🧇
Bestanddele
- 2 K Meel
- 2 E Suiker
- 3 tl Bakpoeier
- ½ tl Sout
- 1½ K Melk
- 3 Eiers, geskei
- 2 E Botter, gesmelt
Metode
1️⃣ Sif die droë bestanddele saam
2️⃣ Voeg melk en eiergele by
3️⃣ Voeg gesmelte botter by
4️⃣ Vou styfgeklopte eierwitte in
5️⃣ Bak in wafelpannetjie

Written by