Week 22: Wortelkoek

Week 22: Wortelkoek
Do not index
Do not index

22 wekies! 🥕

Gabriella is so lank soos ‘n wortel die week.
notion image
notion image
notion image
Hulle sê: “It takes a village to raise a child.” En hoe waar is dit nie. Ek dink die mooiste deel van hierdie reis is om te besef dat my “village” so prominente rol in my lewe speel. En dan ook om te besef dat van die mense in my “village” al ‘n lang pad saam met my stap…my ouers se village het ook myne geword. Nou kyk, ek is ’n groot familie-mens, en natuurlik is die familie deel van hierdie village, maar ek staan telkens verstom oor hoeveel nie-bloedfamilie-mense só deel van ons lewe, storie en “village” is.
 
Een van die mense wat dadelik by my opkom as ek aan my village dink, is Tannie Trienkie. Ek onthou nog hoe sy my en my boetie gebabysit het toe ons klein was. En natuurlik hoe ek, met groot erns, die bottel wyn vir die aand van die rak af moes kies vir hulle en my ouers (klein ek het gereken dis ’n reuse-verantwoordelikheid 😅). Later het die hele lot wynklub-tannies deel geword van daardie village, en almal het op hulle eie manier bygedra tot wie ek vandag is.
Dis juis in tye waar jou gesin ver voel, wat jou village so belangrik word. Hulle is die mense wat jou dra sodat jy nie eens vir ’n sekonde alleen voel nie. In Covid-tyd, toe almal so afgesonder was en ek lank nie by my ouers kon uitkom nie (nogal in die jaar wat my “groot” 21ste verjaarsdag moes wees), het hierdie village só mooi na my toe uitgereik. Hoe kan mens dan anders as geliefd en omring voel?
 
Tannie Trienkie het my en my toe-verloofde vir ’n verjaarsdagete genooi waar sy vir my die heerlikste wortelkoek gebak het, spesiaal sonder die neute 😊. Daardie ete het só spesiaal gevoel – so ná aan by my ma se huis eet as kon kom – en ek dink nou nog met soveel dankbaarheid daaraan terug. Natuurlik het Tannie Mariette en Liezel ook ’n koek-en-koffie date met my gereël. My “village” se liefde en aandag het my só gedra in daardie tyd, en in soveel ander tye voor en na dit. Ek is vandag nog so diep dankbaar vir hierdie village van mense wat my geleer het van community en omgee vir jou mense. Met dit as voorloper en voorbeeld kan mens nie anders as om self so te leef nie.
 
Deur die jare het ons natuurlik soveel addisionele villagers van ons eie bygekry. Een couple wat beslis hoog op die village-lysie is, is die Engelbrechts. Sien, baie mense wag tot ná 13 weke voor hulle eers begin vertel dat hulle swanger is – want “net nou gebeur dit” of “maar wat as” – maar ons het skaars ’n week geweet toe ons dit al vir die Engelbrechts moes sê (op net 4 wekies)! Dis eenvoudig onmoontlik om só ’n vreugde weg te steek van mense wat só deel is van jou lewe. Sjoe, en Gabi sal nie glo hoeveel tannie Karen haar al reeds bederf het met die mooiste kleertjies en bersies, en en en nie.
 
Ons is so dankbaar vir al ons villagers. Ek het beslis nie naastenby almal nou opgenoem nie, maar ek weet jy weet wie jy is en dat jy vir my kosbaar is.
 
Nou ja, dit het net reg gevoel om hierdie week se “baba is so groot soos ’n wortel” oomblik te vier met daardie selfde wortelkoek-resep (die een wat Tannie Trienkie vir my 21ste gebak het), wat ek gebruik het en dit te geniet saam met die Engelbrechts.
notion image
notion image
notion image

Wortelkoek (sans neute) 🥕

Bestanddele

  • 4 Eiers
  • 2 K Suiker
  • 1½ K Olie
  • 3 K Meel
  • 1 tl Sout
  • 2 tl Kaneel
  • 1 tl Neutmuskaat
  • 3 tl Bakpoeier
  • 2 tl Vanieljegeursel
  • 2 tl Koeksoda
  • 2-3 K Wortels, gerasper
  • 1 blik (440 g) Crushed Pynappel & Stroop
Vir die versiersel:
  • ¼ K Botter, sag
  • ⅓ K Roomkaas
  • knippie Sout
  • 500 g Versiersuiker
  • 2 tl vanieljegeursel

Metode

1️⃣ Voorverhit oond tot 180°C
2️⃣ Klits eerste 3 bestanddele saam
3️⃣ Meng dan droë bestanddele daarby
4️⃣ Vou wortels, pynappel en klapper in
5️⃣ Giet beslag in koekpan
6️⃣ Bak vir ongeveer 1 uur, of tot toetspen skoon uitkom
7️⃣ Laat afkoel voor jy versier
notion image
notion image
notion image
Versiersel
1️⃣ Room botter en roomkaas
2️⃣ Voeg sout en vanielje by
3️⃣ Meng versiersuiker bietjie-vir-bietjie by
4️⃣ Gooi melk by indien nodig
 
notion image
notion image
notion image
 
Sny groot stukke, skink ’n koppie koffie, en geniet saam met jou village 🤍🧡
 

 
notion image

Ek skryf oor kos maak en die mense vir wie ek dit maak

Volg ons kos/baba/lewens-stories

Teken in

Written by