Week 25: Blomkool

Blom waar jy geplant is 🌼

Week 25: Blomkool
Do not index
Do not index

25 wekies! 🥦

As jy vir my gesê het ek gaan op 25 weke swanger die besigste wees wat ek nog ooit was — werk, persoonlik, emosioneel — en steeds genoeg energie hê om, pensie en al, tot ná middernag te dans by my nefie se troue… sou ek vir jou gesê het:
“Ja sure, buddy” 😅
En tog, hier is ons.
Nie net aan die gang nie, maar aan die blom met my blomkool-grootte babatjie wat mooi en gesond groei.
notion image
 
Soos genoem, is ons lekker besig. Dis beslis nie altyd maklik om op te staan en jou beste voetjie voor te sit en te “blom waar jy geplant is” nie. Veral nie as dinge dol raak nie. Maar dis moontlik. Hoe moeiliker die dag wat voorlê vir my lyk, hoe ouliker en kleurvoller kies ek my outfit. Want as ons gaan pitch, dan pitch ons dressed-for-success en ready-to-roll 😉 Ek weet mos waar my krag vandaan kom, so hoekom sal ek worry of moeg raak? Ek sê dit baie, maar bedoel dit beslis: ons is só ongelooflik geseënd.
 
notion image
Tussen-in die malste, besigste Oktober van ons lewens het ons nog ’n vinnige Kaap-trippie ingedruk vir die Vermeulen-fees. En was dit nou vir jou ’n fees: ’n naweek van saligheid, dans, familie, liefde en net…wees 😌
 
Met al die besigwees en ’n paar dae wat ons nie tuis was nie, het ek gewonder wanneer ek wat gaan maak met blomkool vir die week se blog, ek het gedink waarskynlik net ’n vinnige kaassous-versmoorde blomkool-bom saam met hoender en rys vir ’n aandete êrens 👀🧀
 
Maar toe verras Kaapstad Lughawe se lounge my met die heerlikste Curried Cauliflower-tertjie. En asof die blomkool-tertjie nie reeds genoeg van ’n random bederfie was nie, kry ek ook ’n sonneblom poesy, want iemand anders was nie lus vir die schlep van vlieg met blomme nie 😯
notion image
notion image
notion image
 
So hier sit ek op die vliegtuig en skryf, blomkool in die maag, sonneblomme op my skoot, en my blommie-kabouter aan my sy en ons vat die pad terug huis toe, gereed vir nog ’n besige week. Nog ‘n seën. Nog ‘n rede om te glimlag.
 
Kom ons gaan BLOM waar ons geplant is 🌻💛
 
 

Ek skryf oor kos maak en die mense vir wie ek dit maak

Volg ons kos/baba/lewens-stories

Teken in

Written by