Week 27: Tzatziki

Week 27: Tzatziki
Do not index
Do not index

27 wekies! 🥒

Baba-lyfie is die week so lank soos ’n komkommer.
En hier moet ek nou bieg…
Komkommer is my enigste fiemie 👀 the one thing I simply cannot do. Wanneer ek dit eet smaak dit my ek proe dit nog vir ‘n week daarna…it lingers 🤣
Maar dan, snaaks genoeg: pickle die ding, en ek sal bottels-vol alleen opeet. Ek love ‘n gherkin! 😅
notion image
🥒 Fiemiese is ‘n snaakse ding
In elke huis is daar minstens een.
Vir my boetie Marco is dit mushrooms. My ouma het dit al die fynste probeer opkap om dit in kos weg te steek (sies ouma 🙄), maar hy sal dit vind, al is dit op molekulêre vlak.
Vir my man is dit uie.
Vir my ma is dit rosyntjies. Sy reken ook sy “eet nie eintlik roomys nie”… maar ek vermoed dis maar haar manier om nie onnodig soetgoed te eet nie, want kom nou, roomys is roomys 🫠
 
🤧 Allergieë is ’n minder snaakse ding
Ek het ’n hele lys voedselallergieë en intoleransies. ‘n Not-so-lekker realiteit vir iemand wat van kos en kosmaak hou. My man sê gereeld ek sou peanut butter geLOVE het 😜 En hy is reg, dis presies my smaakprofiel. Maar nou ja… sekere dinge is net nie vir jou bedoel nie.
 
👩‍🍳 Maar hier’s die lekker deel…
Allergieë en fiemiese hoef glad nie jou foodie-ervaring te kaap nie.
Hulle kan jou actually meer kreatief maak en dit is wat ek die meeste geniet.
Ek is soms skuldig daaraan dat ek by ’n restaurant die veiligste opsie bestel (hello chicken schnitzel & chips 😌), want meeste “interessante” disse het neute of iets riskant (vir my) daarin.
Maar by die huis? Daar kom die foodie in my uit en dink graag alternatiewe of plaasvervangers uit.
🔄 Slim plaasvervangers wat al my foodie-lewe gered het:
  • Biscoff-smeer → perfek in die plek van peanut butter in baie soet-toepassings
  • Tahini (sesame-paste) → perfek in die plek van peanut butter in slaaisouse
  • My neut-vrye pestos → net so geurig, zero drama
  • Geroosterde sade of gedroogde kekerertjies → crunch sonder die risiko
As mens net bietjie dink oor wat die allergie-item tot ’n dis sou bydra: romigheid, crunch, geur, soutigheid of iets soets, kan jy amper altyd ’n plaasvervanger beding wat net so goed werk.
 
🥗 En fiemiese? Dié hoef jou ook nie te stop nie.
Ek gaan nie komkommer eet nie.
Maar ek sal dit glad nie van iemand anders weerhou nie.
So hierdie week, waar komkommer die ster moet wees, het ek op ’n Mediterreense tema besluit:
  • Gebraaide Lamstjops met lekker baie suurlemoen
    • notion image
  • Hummus
    • notion image
  • Olywe
  • Dolmades
  • Pitas
  • Feta
    • notion image
  • En tzatziki 🥒…vir my man 😉
    • notion image
 
Alles mooi gepak op ’n “platter vir 2”, waar hy sy komkommertjies kry en ek oor niks hoef te komkommer nie.
notion image
 
Die punt van die storie?
As jy kreatief genoeg is hoef niemand ooit uit te mis nie.
Al is die week se baba-grootte-groente ’n komkommer, kan selfs dit lekker lyk (en wees, vir die mense wat dit wel eet 😜).
Daar is altyd ’n manier is om lekker te eet, met allergieë, fiemiese en al.
 

 
Vir vandag se Tzatziki het ek nie ‘n spesifieke resep gevolg nie, net jogurt gemeng met gerasperde komkommer en Woolies se Tzatziki spice mix.
Die hummus het ek ook net op gevoel gemaak, maar ek sal my go-to resep met ratios hieronder gee. Ek is mal oor hummus, eintlik chickpeas oor die algemeen, en sorg altyd dat ek geblikte kekerertjies in die huis het om vinnig ‘n hummus aanmekaar te kan slaan (hulle is ook heerlik in ‘n groenslaai of cous-cous slaai, so beslis handig om in die huis te hê).
 

Hummus

 
Bestanddele:
  • 400 g Gekookte of Geblikte Kekeretjies
  • 3 E Tahini (indien jy nie het nie, gebruik ekstra baie cumin in die hummus)
  • 1 Suurlemoen se sap
  • 4 E Olyfolie
  • 2 Knoffelhuisies (of meer na smaak)
  • 2 tl Cumin
  • 1 tl Sout
  • Paprika (opsioneel)
  • Water (indien nodig)
 
Metode:
1️⃣ Meng die tahini en suurlemoensap in 'n voedselverwerker of blender vir 1 minuut tot dik en lig van kleur
2️⃣ Voeg die kekerertjies by en verwerk die mengsel totdat die kekerertjies fyngemaak is
3️⃣ Voeg die knoffel by en gooi die olyfolie bietjie op 'n slag in, terwyl jy pols
4️⃣ Meng totdat die olie ingewerk
5️⃣ Geur met sout en cumin
6️⃣ As die hummus te dik is, gooi 1-2 eetlepels water in en pols vir nog 1 minuut
 
 
notion image

Ek skryf oor kos maak en die mense vir wie ek dit maak

Volg ons kos/baba/lewens-stories

Teken in

Written by