Week 28: Crunchies

Week 28: Crunchies
Do not index
Do not index

28 wekies!

Gabriella is nou so groot soos ‘n kokosneut 🥥🌴
 
Ek neem aan die wat mens op ‘n tropiese eiland of so kry is groter as Food Lovers s’n, want hierdie outjie lyk vir my baie kleiner as laas week se komkommer 😜
notion image
 
Nietemin, met die heerlike reënweer waarmee ons bederf is op die oomblik is dit nou nie juis asof ek gaan lê en tan met ‘n virgin Piña Colada nie…so wat sal ek maak? Iets warm en hearty soos ‘n Creamy Coconut Kerrie? Of iets soets soos Ystervarkies of Hertzoggies? Ek was nog aan die wonder toe ek besef…Dis dan tyd om te begin bak aan my Kersfees koekies en daar word baaaaie klapper gebruik 🎄🤩
 
Ek is ’n groot fan van Kersfees. ’n Onbeskaamde, over-the-top, vol-hart fan. Ek dink dis die kombinasie van nostalgie, tradisie, en al die happy feels wat daarmee gepaard gaan.
Tradisie is vir my ’n beautiful ding.
Dis iets waaraan jy kan vasklou, iets wat jy saam met jou kan vat so ver en so lank soos jy wil. Ek dink terug aan ons Kruger-familie Kersfese… MASSIEF. Baie mense, te veel kos (op die beste manier), kleurskemas, matching outfits, en die jaarlikse opvoering van Jesus se geboorte deur al die niggies en nefies voor ons geskenke oopmaak op Oukersaand. Tradisies.
 
Tradisie is wel iets wat mens bou, dit moet êrens begin.
Een van die waardevolste dinge wat ek en my man in ons “Pre-Paired” sessie geleer het voor ons getrou het, was om te sit en uit te pak:
👉 Wat het my familie altyd gedoen?
👉 Wat het syne gedoen?
👉 Wat wil ons saam dra en deel maak van óns huis?
👉 En wat wil ons los?
👉 En dan… wat wil ons nuut skep?
Só bou mens jou eie ritme, jou eie manier van doen, jou eie tradisies wat uniek aan jóú gesin raak.
 
Vir hierdie foodie, het een tradisie sommer vanself gekom: Kersfees = Kersfees koekies. Dis so ‘n lekker ding om jaar na jaar te doen. Soms dieselfde resepte, soms iets heeltemal anders. Soms net speel met hoe jy dit versier of verpak. Dis geskenkies vir bure, vrinne en selfs ons estate se hekwagte. Dit maak mooi memories, én dit verseker dat daar altyd ’n ietsie festive in die huis is vir enige iemand wat onverwags inloer vir ’n koppie koffie.
Ek kan nie wag vir Gabi om saam met mamma te bak en brou en die kombuis vuil te maak nie.
Dankie aan my eie mammie wat my van kleins af toegelaat het om te help ☺️
 
notion image
So, met die week se coconut 🥥 ingedagte, was die eerste batch van 2025 se Kersfees-koekies… Crunchies 🍪
Hulle is gelyktydig krakerig én chewy, soet en vol klapper! Ek dink juis dis die klapper wat die bietjie sagheid deur die brosheid gee. Baie lekker, en baie maklik om te maak: klits, meng, rol, bak.
notion image
notion image
notion image
 

Crunchie Koekies 🍪

Bestanddele
1 K (250g) Botter
2 K (400 g) Witsuiker
2 K Oats
2 K Klapper
4 E Stroop
4 E Kookwater
1 E Koeksoda
2 K (280 g ) Koekmeel
 
Metode
1️⃣ Kits die botter en suiker tot lig en donsig
2️⃣ Meng die kookwater by die stroop tot opgelos, en meng dan die koeksoda hierby in
3️⃣ Klits die stroopmengsel by die bottermengsel in
4️⃣ Meng die oats en klapper, en voeg dan by die bottermengsel en meng
5️⃣ Voeg die koekmeel by en werk dit deur tot ’n krummelrige deeg
6️⃣ Laat afkoel in die yskas (opsioneel, maar ek verkies om met koue deeg te werk)
7️⃣ Rol bolletjies (ek gebruik ’n 5 ml maatlepel vir kleiner koekies, maar jy kan groter ook gaan 😉) en druk effens plat.
8️⃣ Sit die bolletjies weer terug in yskas tot baktyd (ek verkies om koekies van koud af te bak, dan hou hulle beter vorm en sprei minder)
9️⃣ Pak op bakplate met minstens 2 vingers se spasie tussen elkeen en bak op 180°C vir 12–15 min tot goudbruin en gekraak.
🔟 Verwyder versigtig van die bakplaat en plaas op ‘n draadrakkie om af te koel en verhard
 
notion image

Ek skryf oor kos maak en die mense vir wie ek dit maak

Volg ons kos/baba/lewens-stories

Teken in

Written by