Table of Contents

Do not index
Do not index
29 wekies!
Die week is ons dogtertjie glo so groot soos ‘n acorn squash of dan ‘n klein pampoentjie.
Weereens wonder ek oor hierdie week se acorn squash vergelyking… ek dink sy is definitief bietjie groter as dit (1.7 kg volgens ons scan die week). Ek het lekker rondgeloop en verskillende pampoentjies bekyk om ’n variasie te soek wat haar grootte beter (volgens my) verteenwoordig 😂


Hierdie tyd van die jaar (fall🍁 in die VSA) is behoorlik pampoentyd daar oorkant die waters. Van dekor, tot die interessantste variasies (kleure, vorms, ens), én natuurlik: pumpkin spice everything. Die kleure en geure is chef’s kiss.
.png?table=block&id=2baa0f1e-cdf7-8090-81cb-ffb0ffa5d600&cache=v2)
Dwaal my gedagtes, rede hoekom ek nou aan VSA gedink het is juis oordat dit is waar Acorn Squash voorkom, dis nie rêrig ‘n SA-ding nie. Gelukkig het ons ’n “plaaslike nefie” in die pampoenfamilie: die geliefde Gem Squash, oftewel “lemoenpampoentjie”.
Wat is die verskil?
Albei is klein, rond en ideaal vir individuele porsies, maar:
Gem Squash
- 🤤 Geur: Soeter en meer subtiele flavour as acorn squash
- 🥄 Tekstuur: Sagte dop wanneer gaar
Acorn Squash
- 🤤 Geur: Meer nutty en earthy as gem squash
- 🥄 Tekstuur: Taaier dop wat gewoonlik nie geëet word nie.
As ek aan lemoenpampoentjies dink, dan dink ek aan ons Graad 4 skooltoer. Nou in ons huis, soos ek al in ‘n vorige blog genoem het, het my ma altyd ‘n variasie van kosse gemaak en was ons aangemoedig om alles te eet en probeer, en groente was ‘n alledaagse deel van aandetes.
Vir die meeste van die kinders aan die toer se aandete tafel was dit duidelik nie so nie, of hulle was maar net nie lus vir groente daai aand nie.
Hulle het net vleis en stysel geëet en gedink hulle is absolute komediante toe hulle die ertjies wegsteek onder die omgedopte lemoenpampoentjie waarvan hulle ook nie geëet het nie 😜
Daar is soveel maniere om gem squash te bedien: gekook of gebak, soet of sout, met heuning of kaneelsuiker, óf soos my ouma die outjies gemaak het: gevul met maalvleis en bedek met gesmelte kaas.
Maar vandag deel ek 'n heel anders en interessant benadering, ’n eenpan, Oosters-geïnspireerde hoender-en-groente dis wat ek ‘n keer op ’n kosblog raakgesien het en wat toe ’n gunsteling geword het.
Hoender met ’n velletjie werk die beste, want hy word lekker crispy en is heerlik saam met die sousie. Die glanssous is ’n kombinasie van sojasous, heuning, knoffel en gemmer, en die hele storie word dan gegarneer met sesamsaad en vars basil. Ek bedien dit gewoonlik saam met rys.



Oondpan Hoenderdye & Lemoenpampoentjies
Bestanddele
- 4 Lemoenpampoentjies
- 8 Hoenderdye
- 2 Sjalotte, geskil en halveer (opsioneel)
- 2 tl Sesame Sade
- 1 E Paprika
Vir die Glanssous:
- 1 K Soja Sous
- 4 E Heuning
- 1 E Vars Knoffel
- 1 E Vars Gemmer
- 1 Vars Chilli (opsioneel) - kan ook Chilli Sous of Chilli Flakes gebruik
Om te bedien:
- Vars Basil
Metode
1️⃣ Voorverhit die oond tot 200°C
2️⃣ Plaas die lemoenpampoentjies in ’n pot, bedek met water, en kook vir so 30 min tot sag
3️⃣ Sny pampoentjies in die helfte en verwyder die sade
4️⃣ Pak die hoenderdye, halwe pampoentjies en sjalotte in ‘n oondbak/pan
5️⃣ Maak die glanssous deur die bestanddele in ‘n potjie te verhit
6️⃣ Bedek die hoender en groente met die glanssous
7️⃣ Strooi ook die sesame sade en paprika oor
8️⃣ Bedek met foelie en bak vir 35 min in oond
9️⃣ Verwyder die foelie, bedruip die hoender en groente met die pansouse, bak vir nog 5-10 min
🔟 Garneer met vars basil voor bedien

Written by