Table of Contents

Do not index
Do not index
32 wekies! 🌿
Hierdie week is Gabi so lank soos aspersies.
Ek is mal oor aspersies bedien met suurlemoen. So toe ek begin dink of ek die aspersies vir die week sommer net as ’n side gaan maak by ’n gebraaide vleisie, en my brein by suurlemoen vassteek, was dit game over… want toe was ek sommer baie lus vir suurlemoen en van daar af ontwikkel die craving toe vir Hollandaise sous 😂
Maar gelukkig weet ek toe weet ek presies wat om vir hierdie week te maak:
Eggs Benedict met Aspersies en ‘n lekker Hollandaise sous.

Jy kan my maklik bederf met ’n ontbyt. Ek lovvvve ’n lekker brekkie. En nie net een item nie, ek soek die hele spread: bacon, eier, kaas, tamatie, sampioene… the works.
Eggs Benedict was altyd ’n ding tussen my en my ma. Ons het menig male by Mugg & Bean ontbyt geëet en dan sommer ‘n Eggs Benedict gedeel.
Miskien join Gabi eendag ook dié tradisie, want so gepraat van…
By meeste van ons scans was sussie baie rustig met min beweging en het amper altyd gelê met ’n handjie voor die helfte van haar gesiggie.
Maar die een keer wat sy behoorlik woelig was, en omtrent elke emosie wat bestaan uitgebeeld het, was tydens die 29-weke scan… en dit was die oggend ná ons saam met vriende (wat ook ’n sussietjie verwag en dieselfde dag ’n scan gehad het) by Mugg & Bean naby die mediese sentrum ontbyt geëet het.
En ja…
Ek het Eggs Benedict geëet 🤭

Vir die 32-weke tuisgemaakte Benedict het ek bietjie die reëls gebuig en getwist. Ek hou van ’n lekker loperige poached eier, maar omdat eier tans eerder aan die gaarder kant moet wees vir babalyfie se onthalwe, het ek roereier gemaak. En vir manlief, wat nie eier eet nie, het ek leftover boerewors opgesny vir sy proteïen, want sonder ’n eier bo-op is daar nie genoeg van ’n “stapel” dat dit soos ’n Benedict lyk nie 😜
Ek hou van baie suurlemoen in my Hollandaise sous, so in die resep hieronder gee ek twee variasies van verhoudings, sodat jy kan kies wat vir jou werk. Dit klink heel fênsie, maar dis eintlik ’n vinnige en eenvoudige sous, mits jy oor ’n dubbelkoker werk. Dit help met die beheer van hitte om te keer dat die eiers stol en verseker ‘n gladde, romerige sousie.
Die English muffins was gekoop en net getoast.
Aspersies, tamatie, eiers en ham is alles op ’n cast iron plaat gaargemaak,en hiermee saam het ek ook lekker potato hash in die airfryer gemaak.



En siedaar.
‘n Heerlike brekkie waaraan ons sit en smul het op ons nuwe huis se stoep.
Met koffie ☕️
Met die fontein wat loop ⛲️
Met soveel dankbaarheid 🤍

Hollandaise Sous
Bestanddele
Vir ekstra-suurlemoen sous:
- 4 E Botter
- 4 E Vars Suurlemoensap
- 4 Eiergele
- Sout & Peper na smaak
Vir ‘n meer klassieke (minder suur) sous:
- 8 E Botter
- 1 E Vars Suurlemoensap
- 4 Eiergele
- Sout & Peper na smaak
Metode
1️⃣ Berei ’n dubbelkoker voor (of sit ’n hittebestande bak oor ’n pot water)
2️⃣ Smelt die botter
3️⃣ Haal botter van hitte af en meng die suurlemoensap by
4️⃣ Klits die eiergeel in ‘n aparte mengbak
5️⃣ Skep bietjie-vir-bietjie van die bottermengsel by die eiergele en klits goed na elke byvoeging (tempering)
5️⃣ Gooi die mengsel terug in die bak oor die waterbad en klits gereeld tot die sous verdik
6️⃣ Geur met sout en peper na smaak



Written by