Week 33: Mamma se Sweet & Sour Pork Chops

Week 33: Mamma se Sweet & Sour Pork Chops
Do not index
Do not index

33 wekies! 🍍

notion image
Hierdie week is Gabi so groot soos ’n pynappel 🍍
 
’n Lekker versatile vrug wat in beide soet en sout disse gebruik word. Ongelukkig is dit vir baie mense (insluitend myself) ‘n problematiese vrug wat jou mond laat jeuk 😬
In meeste gevalle is dit te danke aan ’n ensiem genaamd bromelain, wat proteïene afbreek (ja, letterlik jou mond se weefsel ’n bietjie begin “verteer”), of aan profilin, ’n proteïen wat by party mense ’n ligte allergiese reaksie veroorsaak, veral as jy ‘n hooikoors of stuifmeel-allergieë het.
Die goeie nuus is wel dat gaar pynappel veroorsaak gewoonlik nie die jeuk nie, want hitte breek daardie ensieme en problematiese proteïene af.
Dis hoekom ek pynappel baie graag gaar in geregte eet, maar selde rou.
Een van my gunsteling pynappel-geregte is my ma se Sweet & Sour Varktjops, en snaaks genoeg was hierdie die eerste keer dat ek dit só vir my man gemaak het.
Elke familie het mos “reëls” oor sekere kosse 😄
By die Jouberts is daar net een manier om varktjops te maak:
goed gespice met Oupa George se spesiale speserymengsel, oor die kole gebraai, en dan… tussen twee snye witbrood gedruk en met die hand geëet.
Wanneer ons dit só maak sny ek graag die vet met ’n skêr in blokkies sodat dit ekstra crispy braai, en drup ons ook vars suurlemoensap oor die tjop terwyl hy nog op die vuur is. Daardie varksappe wat in die brood intrek is onbeskryflik lekker.
 
My Kruger-gesin het weer heel ander approaches tot varktjops gehad.
Dit was óf:
  • gekrummel en gebak, bedien met mash en appelmoes
  • óf, hierdie sweet & sour weergawe met geblikte pynappel
 
En dis juis laasgenoemde wat ek vir Week 33 gemaak het en dit bedien met lekker sticky sushi-rys 🍚🍍🤍
notion image
 
Ons Gabi-projekkie vir week 33 was om haar kot te bou 🤩 My man het lekker vir my gelag wat reken al die verskillende boekies en stappe laat dit voel soos grootmens-LEGO bou 🤭
notion image
 

Sweet & Sour Varktjops

Bestanddele
  • 4 Varktjops
  • 2 E Olie
Sous
  • 1 Ui, gekap
  • 1 Knoffelhuisie, fyngedruk
  • 1 E Mielieblom
  • 1 Blikkie Crushed Pynappel
  • 2 E Tamatiesous
  • 1 E Sojasous
  • 1 E Asyn
  • 1 tl Kerriepoeier
  • 1 tl Suiker
  • ½ tl Peper
  • ½ Suurlemoen se Sap
  • 1 Beef Stock Cube
  • 1 K Kookwater
 
Metode
1️⃣ Braai die tjops in olie aan beide kante tot bruin en plaas dan in oondbak
2️⃣ Braai die ui en knoffel in dieselfde pan tot sag en gooi dan die mielieblom bo-oor
3️⃣ Voeg die pynappelstukkies met die sap, tamatiesous, asyn, soya, suiker, kerrie, peper en suurlemoensap by en laat prut
4️⃣ Los die beef stock cube op in kookwater en voeg by die sous, meng goed
5️⃣ Kook oor lae hitte vir so 5 min, roer heeltyd
6️⃣ Verwyder van hitte en gooi oor die tjops
7️⃣ Bedek en bak vir 1 uur in oond op 180°C
 
notion image
 
notion image
notion image
 

Ek skryf oor kos maak en die mense vir wie ek dit maak

Volg ons kos/baba/lewens-stories

Teken in

Written by