Week 36: Caesar Slaai

Week 36: Caesar Slaai
Do not index
Do not index

36 wekies! 🥬

Volgens die apps is babalyfies tipies hierdie week so groot soos ’n Romaine lettuce.
 
Ek het behoorlik gesukkel om ’n lekker groot een in die winkels te kry vir die week se foto’tjie, maar ná ons besoek aan die dokter blyk dit ek sou nie naastenby ’n groot genoeg ene gekry het nie 😜
 
notion image
 
 
Gabi meet só groot dat die dokter begin praat het van ’n C-section op 39 weke, sou sy nie vroeër besluit om haar opwagting te maak nie.
Ek moes lekker giggel, want wat is die kans…die plan vir die week se Romain-blare-dis was juis Caesar salad…caesar…caesarean section 🙃
 

Caesar

/ˈsiːzə/
noun
  1. a title used by Roman emperors, especially those from Augustus to Hadrian.
  1. [informal•British English] a caesarean section
notion image
notion image
notion image
notion image
As ek ’n Caesar was, sou ek ook nie tevrede wees met ’n boring, té gesonde slaai nie. Ek sou ook al die lekker, luukse trimmings verwag: parmesan, olyfolie, croutons… die works. (Nie dat Caesar salad se naam enigsins van ’n keiser af kom nie, maar laat my toe om die grap te maak 😅)
 
So ja, ons klein romaine is duidelik meer emperor-sized as side-salad materiaal.
Die “sperdatum” wat nou effens opskuif laat alles baie real voel – nie dat die groot magie van die laaste paar weke en al die laaste prep (bedjie opmaak, karstoeltjie installeer, ens.) dit nie reeds gedoen het nie. Deur alles, selfs haar wilde bewegings wat minder soos vlinders en meer soos karate-strekke voel, ervaar ek ’n diepe rustigheid en aanvaarding vir hoe ook al sy in die wêreld moet kom.
Sussie groei mooi, sy is gesond, en ons word goed dopgehou. Dis al wat regtig saak maak.
Ons is amper daar 🥹🤍
 
Maar vir nou klink ek en manlief ’n glasie alkoholvrye sjampanje en smul aan lekker hoender, rys, gravy en natuurlik ’n vars Caesar slaai.
 
notion image
notion image
notion image
 
 

Ek skryf oor kos maak en die mense vir wie ek dit maak

Volg ons kos/baba/lewens-stories

Teken in

Written by