
Do not index
Do not index
4 wekies! 🌼
So groot soos ‘n poppyseed 🥹 Hoe bitterklein is dit nie? Net ‘n kolletjie, maar sjoe, daai kolletjie maak my hart sommer baie vol.
Ek dink dis een van daardie oomblikke wat jy nooit heeltemal kan beskryf nie: die wete dat iets só klein al bestaan, en dat jou hele wêreld skielik om daardie kolletjie draai. Dis nog early days, maar die opgewondenheid is al groot. Elke oggend net na ek wakker word, dink ek: dis regtig aan die gebeur! 💛
Ek het lankal geweet ek wil my swangerskapreis op ’n foodie manier vasvang, deur week vir week iets te bak of kook (of net te koop en eet) met die vrug of groente wat die grootte van die babatjie voorstel. Dis dalk nie amptelik een van die 5 love languages nie, maar kos is beslis een van myne: ’n manier om oomblikke te vier, mense te verbind en herinneringe vas te lê.
En hier is ons nou… 4 wekies, so groot soos ’n poppyseed, en ek kan uiteindelik begin bak, brou en blog! Yay! 🤩



Vir hierdie eerste, spesiale week het ek vir ons ’n lemon poppyseed loaf gebak. Gewoonlik maak ek hom as ‘n koek met ’n dik lagie roomkaas-icing, maar omdat dit die slag vir ontbyt geëet was, het ek dit ligter gehou met net ’n lekker skeppie roomkaas oor die warm snytjie gesmeer.
Dis snaaks hoe vinnig jy begin dink in kosmetafore, dis amper asof ek elke hap proe met nuwe betekenis. Hierdie lemon loaf is dalk net ’n broodjie, maar vir my was dit die simboliese begin van iets ongelooflik 💛
O gonna…en ek besef nou net sonder om dit eens aspris te bedoel, begin my baba-blog toe wragtig met ’n broodjie in die oond! 😂🍞😉
Lemon Poppyseed Loaf (Breakfast Version🌼)
Bestanddele
- 1 K (230 g) Botter, kamertemperatuur
- 1 K (210 g)Strooisuiker
- 3 Eiers
- 2 E Gerasperde Suurlemoenskil
- 4 E Papawersaad
- 2¼ K (315 g) Koekmeel, gesif
- ½ tl Sout
- 2 tl Bakpoeier
- ¾ K Melk
- ½ tl Koeksoda
- ½ K Vars Suurlemoensap
Metode
1️⃣ Voorverhit oond tot 160°C (325°F)
2️⃣ Smeer ’n broodpannetjie met koekpansmeer
3️⃣ Klits die botter en suiker saam tot liggeel en romerig
4️⃣ Voeg die eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging

5️⃣ Meng die suurlemoenskil en papawersaad in 🍋🌼
6️⃣ Sif die koekmeel, sout en bakpoeier saam
7️⃣ Meng die melk, koeksoda en suurlemoensap saam, en vou dit om die beurt met die meelmengsel by die beslag in 🥣

8️⃣ Skep die beslag in die gesmeerde pan en bak vir 45–50 minute ⏱️
9️⃣ Laat effens afkoel en bedien met roomkaas




Written by