Week 5: Sesame Burger Buns

Week 5: Sesame Burger Buns
Do not index
Do not index

5 wekies!Β πŸ”

Steeds ’n saadjie, maar al ’n tikkie groter as verlede week. Babalyfie is nou so groot soos ’n sesamsaadjie.
En wΓ‘t ’n klein, maar kragtige saadjie is dit nie! Sesamsaad kom in wit, swart en β€œnatuurlike” variasies voor, en word wΓͺreldwyd op soveel maniere gebruik: gepars tot olie, verwerk in romerige tahini, gestrooi oor disse, sushi of bagels, of selfs gebak in beskuitjies en gesondheidsstafies.
Dalk klein, maar vol potensiaal.
notion image
Met soveel moontlikhede het ek nogal gewik en weeg wat ek sal maak πŸ€” Ietsie Oosters soos teriyaki-hoender met geroosterde sesam? Of dalk ’n lekker dukkah met olyfolie en ’n vars suurdeegbroodjie? ’n Romerige hummus met tahini in? Die opsies was net te veel, en alles klink tΓ© lekker!
Maar uiteindelik het ek besluit op iets eenvoudig: varsgebakte sesame burger buns 🍞 Manlief het die patties gebraai, en ek het die sagte rolletjies gebak met ’n mengsel van wit en swart sesamsaad bo-op. Die burgers is natuurlik ordentlik afgerond met gherkins, tamatie, kaas, ’n mushroom-en-peper-sous (want my man reken hoekom moet mens dan kies tussen mushroom- of pepersous…maak net β€˜n sous met albei in 😜) en tuisgemaakte rustic fries.
’n Partytjie op ’n bord πŸ”πŸŸπŸŽ‰
notion image
notion image
notion image
Β 
Ek het nie ’n volwaardige resep vir die week nie, maar hier is hoe ek gemaak het:
Β 

Buns πŸ₯–

Ek het winkeldeeg gebruik (want selfs foodies is soms lui πŸ˜…), dit in bolletjies gerol, laat rys, en toe met sesamsaad bestrooi voor bak.
notion image
notion image
notion image

Patties πŸ”₯

  • My go-to vinnige β€œmengsel”:
    • 1 kg Lean Maalvleis
    • 1 Eier
    • Sout & Peper
    • ’n Katspoegie Worcester-sous
    • 1 pakkie Brown Onion Soup powder
    • As ek brood in die huis het, gaan daar ’n snytjie by (fyngedruk); anders gebruik ek 1–2 lepels koekmeel.
  • Meng alles, vorm in patties, en Bob’s your uncle.
notion image
notion image
notion image

Tjippies 🍟

Sny aartappels in wedges, kook in water tot net-net gaar (nie pap nie), en bak dan in die oond of airfryer teen 190Β°C met olyfolie, sout en kruie tot goudbruin en crispy buite tog sag binne.
notion image
Β 

Mushroom-en-peper sous πŸ„β€πŸŸ«

Braai sampioene in lekker baie botter, gooi dan so eetlepel meel by en roer goed deur. Voeg melk bietjie-vir-bietjie by terwyl jy roer tot die sous die dikte het wat jy verkies. Geur met sout, witpeper, baie vars gekraakte swartpeper, en ’n knippie gedroogde roosmaryn 🌿
Β 
Β 
Β 

Ek skryf oor kos maak en die mense vir wie ek dit maak

Volg ons kos/baba/lewens-stories

Teken in

Written by