Table of Contents

Do not index
8 wekies! 🍓
’n Framboos (raspberry) – dis hoe groot die klein lyfie hierdie week is.
Ons was hierdie week vir die tweede keer by die dokter (besoek nommer een was bietjie vroeg…oeps), en hierdie keer kon ons vir die eerste keer het babalyfie se hartkloppie hoor ❤️ Ek het nie eers probeer keer nie, die trane het behoorlik gerol 🥲 Dis een van daardie oomblikke wat tyd laat stilstaan. Daardie kloppie was meer as net ’n geluid, dit was die besef dat daar regtig ’n klein mensie besig is om te groei.

Ek begin darem stadig maar seker die naarheid beter onder beheer kry. My groot les hieruit? Eet vóór jy honger raak. Ek het agtergekom as ek wag tot my maag al begin grom, is dit game over. Klein happies deur die dag, eerder as groot borde kos, maak ’n groot verskil.
Nietemin, ek hou dit steeds baie plain en eet steeds hoofsaaklik carbs. Vir iemand wat gewoonlik eerder vleis en groente kies en bitter selde brood koop, is dit nogal vreemd om skielik te leef op beskuitjies, brood, rys en chips. Noem dit maar my carb-era 🙃
Terloops, terwyl ek deur Woolies stap om bykosse (lees: knoffelBROOD) te koop vir ’n braai saam met vrinne en die skonies, loer iets vir my uit die yskas uit…’n vanilla Swiss roll. Ek, wat gewoonlik ’n chocolate cake kinda girl is, sou nooit sommer na ‘n vanilla-weergawe kyk nie… maar wat kan ek sê, hierdie pregnancy cravings is duidelik iets anders 😅
Ek kon nie keer nie, hy móés saam huis toe. En toe kry ek sommer die spur-of-the-moment idee: hoekom nie die Swiss roll dan sommer inkorporeer met hierdie week se vruggie-dis nie? 🍓
So hier’s my “cheat raspberry dessert” vir week 8 (cheat want dit was nou nie juis tuisgebak nie):
- Plaas die Swiss roll op ’n mooi bordjie.
- Smeer lekker baie room bo-oor (ek het sommer die Woolies Double Thick Cream gekoop, dan hoef jy hom nie eers styf te klop nie).
- Voeg ’n lagie van Woolies se Raspberry Dessert Sauce by (as jy dit nog nie probeer het nie, doen jouself ‘n guns. Dis gevaarlik lekker).
- Versier met sappige vars frambose en Chuckles.



Dis eenvoudig, vinnig, en sommer baie lekker. En dalk, net soos hierdie week, wys dit my weer dat party van die mooiste goed in die lewe nie ingewikkeld hoef te wees nie 💕
Written by