Table of Contents

Do not index
9 wekies! 🍇
Babalyfie is die week so groot soos ’n druiwekorrel. Dalk klein, maar vol geur en lewe.
Hierdie week bring my by ‘n heerlike “life hack” wat ek te danke aan die Joubert-fam geleer het. Hulle het my die kuns geleer van…gevriesde druiwe. Ja, jy’t reg gelees: vries hulle, en eet hulle dan direk uit die vrieskas uit. Nou kyk dié skonies van my vries amper alles, en ek verkies byvoorbeeld my sjokolades, biltong en paaseiers kamertemperatuur, maar gevriesde druiwe is ‘n treffer 😯
Die eerste keer toe ek dit hoor, was ek skepties. Ek het gedink: “Dis mos net koue druiwe?” Maar net een happie in, en ek was hooked. Daardie bevrore buitekant kraak net so effens, en binne wag daardie yskoue, sappige soetigheid.
En as jy dit nou nog ’n bietjie ekstra lekker wil maak, probeer dit met Woolies se Cotton Candy Grapes. Ek belowe, dis letterlik soos mini sorbets 🍧 Smelt-in-jou-mond lekkertes 😛
Written by