Week 26: Blaarslaai

Week 26: Blaarslaai
Do not index
Do not index

26 wekies! 🥗

Die week is sussie so groot soos blaarslaai. ‘n Hele bol kraakvars goodness 💚
 
Mense vra my dikwels: “As jy dan so lekker kos kan maak, eet julle dan áltyd lekker?”
My antwoord: vir seker. That’s the way. Die lewe is te kort vir boring kos.
As alles anders aan jou dag skeef loop, hoef jou ete beslis nie ook teleurstellend te wees nie. Hoekom sal ek kies om iets verveligs in my mond te druk, dis dan juis iets waaroor ek ’n sê het…goed, ek dink my punt is gemaak 😜
 
notion image
Maar, dit gesê, lekker kos hoef nie fancy of moeilik te wees nie. My maklike fall-back as die week se mealprep nie gebeur het nie en/of ek nie tyd het vir staan en kook nie? ’n Slaaitjie. 🥬
 
Toe ek in die laerskool was, was dit gereeld my werkie om die slaai vir saam met aandete te maak (ek wonder nou of my ma my aangesit het en of ek volunteer het net sodat ek aan die feta kan snack 😜). Elkgeval, ons het amper elke aand ‘n slaai on the side gehad. Ek het natuurlik ook altyd so lekker gespeel en seker gemaak elke aand se slaai lyk anders. Vandag blokkies tamatie, môre skywe, en die dag daarna cherry tomatoes (hierdie klein tamatiekies was nou weer my boetie Marco se skelm snacky, hy sou maklik ’n hele pakkie op sy eie verorber 🤭). Ek is so dankbaar my ouers ons geleer het om alles ten minste te probeer… al was ek toe nie heeltemal so opgewonde daaroor nie 🙃
 
Nou hier’s die ding, ek love slaai. Maar net as dit ’n weldeurdagte slaai is. Nie die standaard blare-tamatie-komkommer affêre wat jy by elke tweede braai kry nie 😅 Nee, ek praat van slaaie met karakter: iets crunchy, iets soet, iets sout, iets suur, en altyd ’n sousie wat alles bind. Mense skryf slaai te vinnig af as “dieetkos” (of hasiekos 🐰). Ek was self skuldig daaraan. Maar as jy dit reg aanpak, kan ’n slaai maklik die ster van die tafel wees. Deesdae eet ek sommer elke tweede dag slaai as hoofdis vir lunch, en dis hoegenaamd nie omdat ek op ’n dieet is nou nie 😜 Ek glo wel aan balans, so daar’s altyd ’n ordentlike porsie hoender of ‘n vleisie saam met die blare, anders gaan ‘n slaaitjie my beslis nie hou tot die volgende ete nie 😜
 
Ek dink dis actually Costco in Amerika wat my oë oopgemaak het vir hoe lekker slaai kan wees. Hulle verkoop pakke “chopped salad kits” wat my lewe verander het. Daar is verskillendes, elkeen met ‘n “tema” of “cuisine” wat bestaan uit ‘n mengsel van reeds gekapte blare en groentes, ’n heerlike sousie, ietsie vir crunch (croutons, sade, tortilla strips, wontons), en dis sommer net eenvoudig lekker. Geen reuse blare wat jy moet probeer afbyt nie, net die perfekte mix van tekstuur en smaak. Wie sou nou kon dink dat een van my gunsteling dinge om in die VSA te koop slaai sal wees 😏
 
Soos ek genoem het, wanneer dinge besig raak is ‘n slaai die perfekte ding om gou in ons kossakkie te gooi voor ons kantoor toe ry. En dis so eenvoudig soos:
Airfryer hoender (kan dit sommer indruk voor jy begin regmaak vir werk) vir vinnige proteïen, en dan net blare, groente, ‘n sousie en iets crunchy.
 
🥬 Blare:
  • Blaarslaai (kropslaai, Romaine, ‘n gemengde pak, ens.)
  • Kruiblare soos rocket, basil, pietersielie of mint is ook heerlik om saam met blaarslaai in te sny
  • Of sommer net Woolies se “chopped salad mixes” (my local Costco substitute 😉)
🥕 Groente/vrugte:
  • Tamatie
  • Wortel
  • Mielies
  • Baby marrows
  • Snap peas
  • Kekerertjies
  • En wat ook al nog in jou yskas wegkruip 👀
🥨 Crunchy-goed:
  • Croutons
  • Crispy uie
  • Sade of neute
  • Gedroogde kekerertjies
🥣 ‘n Sousie:
’n Goeie slaai leef en sterf by die sous.
Hier’s ’n paar van my gunsteling, vinnige slaaisouse:
 

Romerige Mosterd Slaaisous

☝️ Lekker saam met bitter blare/groentes en ideaal as jy vark as proteïen saam met jou slaai doen
Bestanddele:
  • 5 E Olyfolie
  • 2 E Heuning
  • 1 E Dijon Mosterd
  • 1 E Mayonnaise
  • 1 Suurlemoen se sap
  • Sout and Peper na smaak
Metode:
Klits alles saam.
 

Green Goddess Dressing

☝️ ’n Heerlike slaaisous, en werk ook goed as ‘n dip vir groente
Bestanddele:
  • ½ K Joghurt (kan vervang met suurroom of mayonnaise)
  • ½ K Vars Pietersielie
  • ¼ K Vars Basil (kan vervang/aanvul met kruie soos dill, mint & koljander)
  • 3 E Vars Chives
  • 1 E Olyfolie
  • 2½ E Suurlemoensap
  • ⅓ K Water
  • 2 Knoffelhuisies
  • Sout & Peper na smaak
Metode:
Meng bestanddele en blend tot glad en romerig.
 
ÓF, my kroek-weergawe met gedroogde kruie en speserye wanneer ek nie vars kruie of knoffel het nie:
Bestanddele:
  • ½ K Plain Yoghurt (kan vervang met suurroom of mayonnaise)
  • 3 E Droë Pietersielie
  • 1 E Mixed Herbs
  • 1 E Droë Chives
  • 1 E Knoffelpoeier
  • 2 E Suurlemoensap
  • Sout & Peper na smaak
Metode:
Meng alles saam.
 

Balsamic Vinaigrette

☝️ My go-to slaaisous wat sommer vir enige slaai werk
Bestanddele:
  • ¼ K Balsamic Vinegar
  • ¼ K Olyfolie
  • 2 E Heuning
  • 1 E Dijon Mosterd
  • 1 tl Gedroogde Tiemie
  • 1 Knoffelhuisie, fyngedruk
  • Sout en Peper na smaak
Metode:
Meng saam.
 

Romerige Jogurt Slaaisous

☝️ ’n Lekker creamy en veelsydige sousie
Bestanddele:
  • 2 E Suurlemoensap
  • 1 E Witwyn Asyn
  • ½ E Suiker
  • 1 tl Fyn Knoffel (of knoffelpoeier)
  • ½ K Yoghurt
  • ⅓ K Olyfolie
  • ½ tl Gedroogde Dill
  • Sout en Peper na smaak
Metode:
Meng saam.
 

Natuurlik het ek al my gunsteling Costco Slaaie probeer na-maak 😊
Ek deel graag twee van hulle ook hier:
 
notion image

Mediterranean Crunch Slaai

My weergawe van die Costco Mediterranean Crunch Salad Kit:
🥬 Blare/groente:
  • 1 Groot Romaine Heart, gekap
  • 1 Pak Woolworths Burger Slaw, ÓF ‘n kombinasie van:
    • 1 K Red Cabbage, gekap
    • ½ K Blomkool, gekap
    • ½ K Wortel Strips
  • 1 bossie Basil, gekap
  • 1-2 wielietjies Feta Cheese
🥨 Crunch: 1 K Croutons
🥣 Dressing: Balsamic Vinaigrette (soos hierbo ⬆️)
 
 
notion image

Sweet Kale Salad

My weergawe van die Costco Sweet Kale Salad Kit:
🥬 Blare/Groente:
  • 4 K Chopped Curly Kale
  • 1 pak Woolworths Green Slaw, ÓF ‘n kombinasie van:
    • 2 K Brokoli, gekap
    • 2 K Kool, gekap
    • 1 K Brusselsprouts, gekap
  • 2-4 E Gedroogde Cranberries
🥨 Crunch: 2-4 E Geroosterde Pumpkin Seeds
🥣 Sousie: Romerige Poppyseed Slaaisous (resep hieronder ⬇️)
 

Romerige Poppyseed Slaaisous

Bestanddele:
  • ½ K plain Greek yogurt
  • ¼ K Lemoensap
  • 2 E Heuning
  • 2 E Apple Cider Vinegar
  • 2 E Olyfolie oil
  • 1 E Uiepoeier
  • 2 tl Poppy Seeds
  • 1 tl Sout
Metode:
Meng alles saam.
 

 
Die week se foodie-blog dis was juis ‘n eenvoudige en vinnige slaai. Hoender in die airfryer gaargemaak. ‘n Mengsel van gekapte blaarslaai en Woolies se Burger Slaw, gherkins, komkommer, peppadews en feta kaas. Daarmee saam gedroogde kekerertjies vir iets crunchy en Green Goddess Slaaisous.
notion image
notion image
notion image
 
Of jy dit nou as main character of sidekick bedien, onthou, ‘n slaai hoef nooit ‘n bysaak te wees nie 😉

Ek skryf oor kos maak en die mense vir wie ek dit maak

Volg ons kos/baba/lewens-stories

Teken in

Written by