Table of Contents

Do not index
Do not index

My mammie kuier tans by ons van Amerika af, en ek en sy het al ’n rukkie terug besluit wat die week se “kool-gereg” gaan wees.
En… hier is ons nou.
Sjoe. Sjoe. Sjoe. Tyd vlieg regtig.

30 weke voel anders.
Dis duidelik die laaste kwartiel.
Die realiteit skop in:
👜 die hospitaaltassie se shopping begin
🎀 my babatee is volgende week
en sussie… wel… sy raak al swaarder en groter en geniet dit deesdae om teen my ribbes te druk 😂
Wat toevallig nogal gepas is, want dis juis ribs waaraan ons hierdie week gesmul het.
Manlief het die hele dag spandeer om ribs en pork belly vir ons te smoke, met behulp van die lekker verskeidenheid smoke chips en speserye wat my pa vir hom uit die VSA saamgestuur het. Hierdie was dus nie sommer net ’n braai nie… dit was ’n hele event.



By ribs hoort natuurlik bykosse, en dis waar die kool inkom. Ouma Patricia was lekker aan die chop en kook in Ouma Carmen se kombuis.
Hoe oulik is die amper-oumies met hulle koolkoppe… die opwinding loop hóóg 🥰

🧀 Mac & Cheese 🧀
Hier het ek iets nuuts geleer, en ek deel dit graag.
Tradisioneel word mac & cheese gemaak met ’n witsous-met-kaas (ook bekend as ’n Mornay-sous), wat begin met ’n roux van botter en meel. Dis hoe ek dit nog altyd gemaak het. Dis heerlik, maar dit kan soms ’n bietjie swaar of selfs “meelerig” wees as dit nie reg gedoen word nie.
My ma het egter gevind dis algemeen by hulle om ’n meer moderne weergawe te maak waar ingedampte melk (Ideal melk) gebruik word in plaas van ’n witsous-basis. En hier is hoekom dit so goed werk:
- Geen meel nodig nie: Ingedampte melk het ongeveer 60% minder water as gewone melk, wat beteken dit is propvol natuurlike melkproteïene wat as ’n emulsifeerder werk.
- Glad en stabiel: Hierdie proteïene hou die vet en water in die kaas bymekaar, sodat die kaas glad smelt sonder dat die sous skei of olierig raak.
- Die tekstuur: Jy kry daardie kenmerkende glossy voorkoms wat mens aan die “boksie” mac & cheese laat dink, maar met die smaak van regte kaas.
Dis minder “stewig” as ons tradisionele witsous-weergawe, maar steeds heerlik romerig sonder daardie swaar gevoel op die maag.
🥬 KOOLslaai 🥬
Mens kry soveel verskillende resepte vir koolslaai:
party is soeter met kondensmelk of suiker in,
ander skerper met mosterd of asyn,
My go-to resep die laaste ruk is een van my ma se Suid-Afrikaanse vriendin wat sy in die VSA ontmoet het, dis nou omtrent vir jou ’n SA–USA crossover, nes hierdie hele maaltyd.



Koolslaai
Bestanddele
- 2 K Groen Kool, gerasper
- 2 K Pers Kool, gerasper
- 2 K Wortels, gerasper
- ¼ K Rooi ui, fyngekap (opsioneel)
Sous
- 1 K Mayonnaise
- 2 E Dijon Mosterd
- 2 E Apple Cider Vinegar
- 3 E Suiker
- ¾ tl Sout
- 1 tl Uie Poeier
- 2 tl Seldery Sout

Metode
1️⃣ Meng al die sousbestanddele goed
2️⃣ Meng die gerasperde kool, wortels en rooi ui
3️⃣ Meng die sous deur en laat rus in die yskas (hoe langer, hoe lekkerder)



Written by