Week 35: Hasselback Butternut

Week 35: Hasselback Butternut
Do not index
Do not index

35 wekies! ☀️

notion image
Hierdie week is Gabi so groot soos ’n butternut. Hulle kom nogal in verskillende groottes, so ek het seker gemaak ons shop rond vir ‘n stewige skorsie 🤭
 
My eerste plan was ‘n lekker butternut sop
maar toe gebeur Januarie 🥵
Dis warm.
Regtig warm.
 
Ek dink ek was bietjie bederf met ’n koeler Desember danksy al die baie reënerige dae wat ons gehad het. Hierdie eerste paar dae van Januarie het egter sy merk gemaak met warm dae, swaar lug, en dan eers saans so bietjie verligting wanneer dit dan beginne reën.
Een oggend het ek wakker geword, na my man gedraai en gesê:
“As ek nie nou in ‘n swembad spring nie gaan ek gaan flou word…”
Julle…swem op 35 weke swanger?
10/10. Would recommend.
Ek het glad nie verwag hoe ongelooflik dit sou voel om weer gewigloos te wees nie 😅 Net vir ’n rukkie. Geen swaar maag wat trek nie. Geen laerug wat kla nie. Net dryf. Beweeg. Asemhaal.
Ek kan eintlik regtig nie kla nie, ek het tot dusver net 10 kg opgetel in my swangerskap, en dit sit alles net in my maag. Maar daarom voel ek “top-heavy” hier op 35 weke met die swaar maag 😅 My rug het die afgelope week of twee meer begin praat, so daardie gewigloosheid in die water was pure genot.
 
Met al dié hitte was warm sop toe sommer heeltemal van die tafel af.
So… plan B.
Ek het begin google vir iets nuuts met butternut, opsoek na iets wat ek nog nie gemaak het nie, en so kom ek toe af op Hasselback Butternut.
Ek ken hasselback aartappels.
Maar hasselback butternut?
Nog nooit daaraan gedink nie.
Dis nie heeltemal so maklik soos ’n aartappel om te skil nie (lesson learned 😜), maar beslis moontlik en die moeite werd.
Ek het die butternut geskil, in die lengte gesny, mooi fyn snye gemaak (sonder om heeltemal deur te sny), liggies gespice, met olyfolie besprinkel en in die oond gesit. Toe hy bo-op lekker gekarameliseer is en binne-in sag en soet was, het ek hom net afgehaal en feta en micro herbs bo-oor gestrooi.
notion image
notion image
notion image
En dit was…fenomenaal.
So eenvoudig.
So mooi.
So lekker.
Ons het dit geniet as bykos saam met ’n gebraaide steakie en ’n vars slaai. Sommer net ’n rustige, laatmiddag-aandete op die stoep.

Ek skryf oor kos maak en die mense vir wie ek dit maak

Volg ons kos/baba/lewens-stories

Teken in

Written by