Week 39: Pampoentert

Week 39: Pampoentert
Do not index
Do not index

39 wekies! 🥧

 
Gabi is die week so groot soos ‘n pampoen.
notion image
 
Die tyd het uiteindelik aangebreek…
en ek kan nie ons opgewondenheid in woorde vasvang nie 🥹
Daar is ’n spesiale stilte wat intree net voor alles verander. ’n Wete dat dit die laaste aand is voor ’n nuwe hoofstuk begin. En ek, wat nog altyd ’n mense-mens en ’n familie-mens was, kon aan niks beter dink as om daardie laaste aand saam met familie deur te bring nie.
 
notion image
 
Vir hierdie week se pampoen, het ek ‘n pampoentert gemaak 🥧
Die perfekte bygereg vir saam met ’n lekker braaivleisie en slaai, wat ons geniet het op die aand van 38w6d. ’n Rustige, gesellige aandete…met die wete dat ons lyfie die volgende oggend haar opwagting maak 😊
 
Dis ’n resep wat ek al vir jare gebruik. Ek het hom by my tannie gekry toe sy dit vir ons gemaak het, en sedertdien bly dit ‘n gunsteling: vinnig, maklik, en altyd heerlik. Trooskos.
 
notion image
 
 

 

Pampoentert

 
Bestanddele
  • 2 K Pampoen (gaar, gedreineer en fyngemaak)
  • 1 K Ideal Melk
  • 1 K Witsuiker
  • ½ K Bruismeel
  • 2 Eiers
  • 1 tl Vanieljegeursel
  • ½ K Botter
  • 1 tl Kaneel
 
Metode
1️⃣ Voorverhit oond tot 180°C
2️⃣ Meng bestanddele saam
3️⃣ Giet in oondpan of oondvaste bak
4️⃣ Bak vir 60-80 min tot goudbruin bo
 
notion image
notion image
notion image
 

Ek skryf oor kos maak en die mense vir wie ek dit maak

Volg ons kos/baba/lewens-stories

Teken in